012 548 1325

012 548 4224

delvine@mweb.co.za

TUIS  ::  TE KOOP  ::  TE HUUR  ::  FINANSIES  ::  ONS SPAN  ::  WIE IS ONS  ::  KONTAK ONS

:: Wie is Ons

Finansiële Berekeninge

Gebruik ons handige aanlynsakrekenaar om finansies te bereken.

 

 

:: Kliek Hier

 

Delvine Eiendomme is al vir sewe jaar aktief in die Noord-Ooste van Pretoria . Ons area strek vanaf Lavenderweg (Ou Warmbad pad) in die weste, die N1 snelweg in die ooste en die nuwe Platinum Tolpad in die noorde. Delvine Ludick die prinsipaal en alleen eienaar van die agentskap werk reeds vir twaalf jaar in hierdie gebied.

Die agentskap konsentreer op verkope en verhuurings. Ons eiendom agente is lid van die Multi listing groep (MLS). Ons het 'n bewese rekord van verkope en lewer 'n uitstekende diens aan ons verkopers en kopers. Omdat ons aan MLS behoort het ons deurlopend minstens 300-400 huise op ons boeke en kan kopers verseker wees dat hulle wel 'n geskikte eiendom deur ons sal vind. Verkopers is ook verseker van 'n groot kliente basis aangesien 73 agentskapppe lid is van MLS en minstens 250 eiendomskonsultante deurlopend op hulle eiendom sal werk.

Delvine Eiendomme is een van die grootste verhurings agentskappe aan die noordekant van die Magaliesberg. Ons is wyd bekend vir ons uitstekende diens aan verhuurders. Ons besef dat elke verhuurder se eiendom 'n duur belegging is en daarom doen ons alles in ons vermoë om geskikte, gekwalifiseerde huurders in elke eiendom te plaas. Streng keuringsprosesse word dus toegepas. Daar word ook kwartaallikse inspeksies gedoen om sodoende te verseker dat verhuurders se eiendomme opgepas word en skade so ver moontlik beperk word.

Ons dra ons huurders se belange op die hart en huurders kan verseker wees dat ons ten alle tye beskikbaar is wanner daar probleme mag opduik of wanneer daar krisisse mag ontstaan.

Copyright © 2005-6 - Designed, hosted and maintained by Dezina Web - www.dweb.co.za